Popis: |
'n Skrywer by sonsopkoms. Op sewentig is Hennie Aucamp dit steeds in werk en lewe: “'n Vroegopstaner met'n kyk wat, soos by sonsopkoms, dinge uit die donker van die niebestaande wek tot'n lewe-in-woorde”. Om hom te huldig op'n leeftyd wat aldus nog altyd in die teken van die oggend staan, bring Lina Spies en Lucas Malan hier'n sestiental essays, gedigte en geleentheidstukke oor die man en sy werk byeen. Die bydraers is vriende en kollegas wat Aucamp ken en vereer as die skepper van'n veelkantige en immer vernuwende oeuvre, maar ook as'n gewer by uitnemendheid. |