Moedertaalonderrig en taalaktivisme in Suid-Afrika

Autor: Johan Moll
Předmět:
Kategorie:
Popis: Wat behels moedertaalonderrig, en hoe raak die toepassing daarvan die Suid-Afrikaanse samelewing? Wat gebeur as daar probeer word om dit te verhinder?'n Uiters belangrike narratief oor skooltaalvoorkeur het hom tussen 2006 en 2010 in Suid-Afrika afgespeel. Hierdie gebeurtenisse het diep in die Suid-Afrikaanse onderwys- en taalwêreld ingesny, en ook in die buiteland belangstelling gelok. Die koerante het volledig daaroor berig: oor die hofsake, die skoolhoofde, die skole, ouers en die leerders. Maar hoe gemaak as onderwyskundiges, sosiolinguiste, taalbeplanners, taalhistorici en vaklui van aansluitende dissiplines later die punte van hulle vingers op die besonderhede van daardie gebeurtenisse wil lê? Hierdie werk vertel wat gebeur het. Oor die problematiek wat dié kwessies onderlê, met die besonderhede van die uitspeel daarvan tydens daardie periode. Die gebeurtenisse en die strominge daaronder is deeglik bymekaargebring, gebruikersvriendelik georden, en objektief en insiggewend geïnterpreteer en ontleed. Inderdaad'n noemenswaardige bydrae tot die bestudering van moedertaalonderrig in Suid-Afrika. Christo van Rensburg Taalhistorikus, Noordwes-Universiteit
Databáze: eBook Collection (EBSCOhost)