Die assessering en voorstelling van strategieë vir die belyning van Werknemerhulpprogramme (WHPs) met 'n ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering
Autor: | Gründer, Ròan |
---|---|
Jazyk: | afrikánština |
Rok vydání: | 2018 |
Předmět: | |
Druh dokumentu: | Mini Dissertation |
Popis: | Die navorser het gepoog om strategieë te assesseer en voor te stel vir die belyning van Werknemerhulpprogramme (WHPs) met die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering. Die doelstelling van die studie was om die belyning van WHPs met die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering te ondersoek en te beskryf. Die oogmerk van die studie was om vas te stel of ‘n belyning tussen WHPs en die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering bestaan. Die doelstelling en doelwitte is bereik. Die literatuurstudie het getoon dat daar bykans geen navorsing oor die onderwerp bestaan nie. Die studie was kwantitatief, ondersoekend en beskrywend van aard deurdat die navorser gepoog het om die belyning tussen WHPs en ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn te ondersoek en te beskryf. Die navorsingsvraelys was in elektroniese formaat en respondente het toegang tot die vraelys verkry deur middel van ‘n internet-skakel (link) wat per epos verskaf is. Die oorspronklike studie-populasie het die lede van EAPA-SA ingesluit. Weens veranderinge in die lidmaatskapvereistes van EAPA-SA en gevolglike veranderinge in die struktuur, het die teiken-populasie kleiner geword. Weens verdere administratiewe tekortkominge het die navorser uiteindelik slegs op die EAPA-SA se Vrystaat-tak gefokus vir respondente. Die bevindinge was dat WHP-personeel se kennis rakende die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering nie op standaard was nie. Alhoewel WHP-personeel se kennis van die benadering (volgens die vyf temas van ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn) nie goed was nie, toon die data dat verskeie WHPs reeds besig is om gedeeltelik aan die beginsels daarvan te voldoen. Alhoewel die studie-populasie slegs ‘n klein aantal WHP-personeellede ingesluit het, is die navorser van mening dat die studie tog waardevolle inligting na vore gebring het ten einde WHP-personeel in Suid Afrika bewus te maak van die belyning van WHPs met die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering. Dit is belangrik dat WHP-personeel sal begryp dat hul dienste deel vorm van die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering soos uiteengesit word in die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn van 1997. Vir WHPs om meer vanuit ‘n ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering te funksioneer is dit van kardinale belang dat hul dienste binne die temas van ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn se parameters moet val. Laastens, weens die feit dat die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn van 1997 tans hersien word, sal dit nodig wees om in die toekoms verdere navorsing oor die onderwerp te onderneem. Mini Dissertation (MSW)--University of Pretoria, 2017. Social Work and Criminology MSW Unrestricted |
Databáze: | Networked Digital Library of Theses & Dissertations |
Externí odkaz: |