Israel se identiteit en die boek Rut

Autor: De Villiers, Gezina Gertruida
Jazyk: angličtina
Rok vydání: 2016
Předmět:
Druh dokumentu: Diplomová práce
Popis: Van vodde tot fluweel' sou 'n gepaste beskrywing vir die narratief in die Rutboek wees. 'n Arm! maar deugsame vrou ontmoet 'n ryk en eerbare man. Hulle trou en 'n paar geslagte later word die nasie se grootste koning uit hulle gebore. Die proefskrif toon egter aan dat dit in die Rutboek om meer as die oppervlak van die verhaal gaan. Wanneer die narratief teen die agtergrond van die tydperk van die tweede tempel gelees word! ontvou die intrige in terme van weduwee Naomi se verhaal as metafoor vir die verhaal van weduwee Israel. Beide weduwees het hul identiteit in die vreemde verloor: Naomi in Moab en Israel in die ballingskap. Beide keer leeg, identiteitloos terug. Naomi se lee identiteit word op 'n besondere manier deur haar Moabitiese skoondogter nuut ingeklee! want deur Rut se toedoen verander haar identiteit van 'n ellendige weduwee na die van 'n pleegmoeder vir wie daar verlossing gekom het. Vir posteksiliese Israel wil die Rutboek vertel dat die vreemdelinge wat intussen ook JHWH, die God van Israel begin aanbid het, nie die gemeenskap se identiteit bedreig nie, dit ontmasker die vrees dat gemengde huwelike skade vir die volk sal berokken en toon aan dat hulle selfs deeI van die belangrikste genealogiee van die nasie vorm. Posteksiliese Israel het vreemdelinge nodig om vorm aan 'n nuwe identiteit te gee wat hoop vir die toekoms bied. Daarom die titel van die proefskrif: Israel se identiteit en die boek Rut. Vir die hedendaagse konteks is die Rutboek 'n voorbeeld van hoe gesaghebbende religieuse tekste binne 'n veranderde konteks kreatief en nuut herinterpreteer kan word! sonder om die kern van die bedoeling prys te gee.
Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2015.
tm2016
Old Testament Studies
PhD
Unrestricted
Databáze: Networked Digital Library of Theses & Dissertations