Die stiefma, ou mites en nuwe verhale : 'n pastorale narratiewe dekonstruksie
Autor: | Kruidenier, Carina Maretha (Retha) |
---|---|
Jazyk: | afrikánština |
Rok vydání: | 2014 |
Předmět: | |
Druh dokumentu: | Diplomová práce |
Popis: | In hierdie studie word stiefma’s en die mites wat daar oor stiefma’s bestaan, ondersoek. Dit word gedoen in die postfundamentele praktiese teologie en volgens die narratiewe benadering. Die studie word ook gedoen in die sosiaal-konstruksionistiese paradigma. Vier stiefma’s se unieke verhale oor stiefma-wees word weergegee. Nadat die stories geinterpreteer is, is diskoerse vasgestel wat ‘n invloed het op die mites wat daar oor stiefma’s bestaan. Daar word onder andere gekyk na sprokies en die oorsprong daarvan. Daar word ook gekyk na families deur die eeue, asook na moederskap. Die Godstaal wat die stiefma’s gebruik het, word ook ondersoek. Daar is ‘n interdissiplinêre ondersoek gedoen aan die hand van transversale rasionaliteit. Hierdie verhale wys onder andere op die druk wat op stiefma’s geplaas word deur die kerk en gemeenskap om onmiddelik in die rol van ‘n ma te funksioneer en die perfekte gesin te hê. Konflik in die nuwe gesin gee ook aanleiding tot skuldgevoelens by die stiefma. Met hierdie studie word daar gepoog dat daar beter begrip vir stiefma’s se unieke omstandighede en rolle sal wees. Dus ontstaan nuwe verhale, wat weer moontlikhede vir nuwe navorsing skep. Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. gm2014 Practical Theology Unrestricted |
Databáze: | Networked Digital Library of Theses & Dissertations |
Externí odkaz: |