'n Sisteemteoretiese kartering van die Afrikaanse literatuur vir die tydperk 2000–2009 : kanonisering in die Afrikaanse literatuur
Autor: | Kleyn, Leti |
---|---|
Jazyk: | afrikánština |
Rok vydání: | 2013 |
Předmět: | |
Druh dokumentu: | Diplomová práce |
Popis: | In hierdie studie word ondersoek ingestel na die rolspelers in die Afrikaanse literêre sisteem wat tot kanonisering aanleiding gee. Die literêre sisteem word gekarteer deur die publikasies, resepsie daarvan en openbare debatte daaroor vir die tydperk 2000–2009 te ondersoek. Daar word aandag gegee aan die uitgewersbedryf; mediapraktyke; literêre pryse; vertalings; bloemlesings; literatuurgeskiedenisse; skryfskole; verwerking van literêre werke vir film en die uitvoerende kunste; die impak wat die sensuurwetgewing op die status van skrywers en die bedryf gehad het; leeskringe en ’n aantal kleiner rolspelers soos boeksubsidies, biblioteke, literêre tydskrifte, skrywersverenigings en literêre toerisme. Daar word verder ook aandag gegee aan die wyse waarop hiërargieë in die sisteem tot stand kom, kanonisering bewerkstellig word, knelpunte in die magspel tot uiting kom in veral openbare debatte, en die wyse waarop eksterne faktore op die sisteem inspeel. Die studie wys op die fyn netwerk wat onstaan as verbande tussen verskillende rolspelers in die literêre sisteem van nader ondersoek word. Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. gm2013 Information Science unrestricted |
Databáze: | Networked Digital Library of Theses & Dissertations |
Externí odkaz: |