Vestiging en handhawing van konstruktiewe dissipline as 'n sleuteltaak van die onderwyser in die klaskamer

Autor: Van Dyk, Adri Louisa Magdalena
Jazyk: afrikánština
Rok vydání: 2015
Předmět:
Druh dokumentu: Dissertation
Popis: Afrikaans text
Die afname in dissipline en dissipline handhawing in skole is 'n omvangryke probleem. Die fokus van hierdie studie is om die aard en omvang van dissiplinêre probleme te ondersoek om sodoende riglyne daar te stel om konstruktiewe dissipline in klaskamers te vestig as 'n sleutel taak van die onderwyser. In hierdie studie maak die navorser gebruik van die gekombineerde benaderingsmetode, naamlik die kwalitatiewe-kwantitatiewe navorsingsmetode. Vraelyste (kwantitatief) en onderhoude (kwalitatief) is as data insamelingstegnieke gebruik om vas te stel wat die aard, omvang en moontlike oplossings is, vir die navorsingsprobleem. Die navorsingstudie is gedoen deur 106 onderwysers in die intermediêre- en senior fase van ses laerskole van die Noordweste van Pretoria te betrek. Daar is ook onderhoude gevoer met ses senior onderwysers wat in beheer was van hul skole se dissiplinêre stelsels. Die navorsingstudie het bevind dat onderwysers, leerders en ouers bydraend is tot dissiplinêre probleme in klaskamers. Positiewe strategieë sluit in kommunikasie en toepassing van klasreëls. Uit die bevindinge van die navorsing is daar ongetwyfeld 'n sterk behoefte aan leiding vir onderwysers om dissiplinêre probleme aan te spreek. Onderwysers moet bemagtig word om konstruktiewe dissipline te ontwikkel, te bevorder en te handhaaf.
The decline in discipline and discipline enforcement in schools is a massive problem. The focus of this study is to examine the nature and extent of discipline problems in order to set guidelines to establish constructive discipline in the classroom as a key task of the teacher. In this study, the researcher makes use of the combined approach method, namely the qualitative - quantitative research methodology. Questionnaires (quantitative) and interviews (qualitative) were used as data collection techniques to determine the nature, extent and The research study was conducted by involving 106 teachers in the intermediate and senior phase of six primary schools of the North West of Pretoria. There were also interviews with six senior teachers who were in charge of their schools' disciplinary systems. The research study found that teachers, pupils and parents are contributing factors to discipline problems in classrooms. Positive strategies include communication and application of rules. From the findings of the research there is undoubtedly a strong need for guidance for teachers to address disciplinary problems. Teachers should be empowered to develop positive, promote, and maintain constructive discipline in the classroom. possible solutions of the research problem.
Educational Management and Leadership
M. Ed. (Education Management)
Databáze: Networked Digital Library of Theses & Dissertations