Ondersoek na die doeltreffendheid en relevansie van die kurrikulum vir spesiale onderwys

Autor: Theron, Matthiam Jacobus
Jazyk: afrikánština
Rok vydání: 1994
Předmět:
Druh dokumentu: Diplomová práce
Popis: Text in Afrikaans
Ten einde 'n kurrikulum relevant en doeltreffend te kan hou, is di t noodsaaklik om die kurrikulum gereeld te evalueer en dienooreenkomstig die bevindinge aan te pas, indien nodig. Spesiale skole in Suid-Afrika beskik oor 'n eiesoortige kernkurrikulum wat hoofsaaklik ontwikkel is vir leerders wat primer verstandelik matig gestrem is. Om verskeie redes, waarvan die belangrikste is, dat die meerderheid leerders wat hulle tans in spesiale skole bevind nie verstandelik matig gestremd is nie, word die werklike doeltreffendheid en relevansie van hierdie kurrikulum bevraagteken. Die doel van hierdie navorsing was derhalwe om die doeltreffendheid en relevansie van die kernkurrikulum wat vir die meerderheid spesiale skole in Suid-Afrika van toepassing is, te bepaal. 'n Sekondere doel van die ondersoek was om 'n kurrikulumevalueringsmodel te ontwikkel aan die hand waarvan kurrikulumevalueerders 'n kurrikulum vanuit 'n literatuurperspektief sou kon evalueer. Ten einde die ondersoek teoreties te fundeer, is 'n li teratuurondersoek onderneem na die grondslae en komponente van 'n kurrikulum. Op grond van die navorsingsresultate is die kurrikulumevalueringsmodel ontwikkel. Twee van die kurrikulumgrondslae wat by wyse van die navorsing blootgele is, is die leerder en die gemeenskap. By wyse van 'n li teratuur- en dokumentasie-ondersoek is bepaal wat die eise is wat spesialeskoolleerders en die gemeenskap aan die kernkurrikulum vir spesiale skole stel. Aan die hand van hierdie bevindinge is kurrikulumevalueringskriteria ontwikkel waarmee die kernkurrikulum vir spesiale skole toe geevalueer is. By die toepassing van hierdie kriteria is gevind dat die kernkurrikulum vir spesiale skole in vele opsigte nie behoorlik aan die eise van die leerders en die gemeenskap voldoen nie. Die gevolgtrekking kon derhalwe gemaak word dat die kernkurrikulum vir spesiale skole oor die algemeen nie doel treffend en relevant genoeg is nie. Aanbevelings is gemaak oor hoe die kernkurrikulum moontlik meer doeltreffend en relevant gemaak kan word.
Sustaining curriculum relevance and effectiveness, necessitates regular curriculum evaluation and adjustment in concurrence with the evaluation results. Special schools in South Africa have at their disposal their own · peculiar curriculum which was developed mainly for learners who are primarily mildly mentally disabled. For various reasons, the most important of which is that the majority of learners currently in special schools are not mildly mentally disadvantaged, the relevancy and effectiveness of this curriculum are questioned. The primary aim of this research was therefore to determine if the core curriculum for special education, which is applicable to the majority of special schools in South Africa, is relevant and effective. A secondary aim of this investigation was to develop a model for curriculum evaluation by means of which curriculum evaluators would be able to evaluate a curriculum from a literature perspective. With a view to founding this research theoretically, literature research was conducted into the foundations and components of the curriculum. On the basis of the research findings, the model for curriculum evaluation was developed. Two of the curriculum foundations that were disclosed by means of the research, were the learner and the community. By means of an investigation of literature and other relevant documentation, the demands made on the curriculum by the learner and the community, were determined. On the basis of these findings, criteria were developed by means of which the core curriculum for special schools was then assessed. When the above criteria were applied, it was found that in many respects the core curriculum for special schools did not completely comply with the demands of the learners and the community. The conclusion could therefore be drawn that the core curriculum for special schools are in general not effective and relevant enough. Proposals were made on how the core curriculum could possibly be made more effective and relevant.
Curriculum and Instructional Studies
D. Ed. (Didaktiek)
Databáze: Networked Digital Library of Theses & Dissertations