Die hantering van diversiteit in die Plattelandse NG gemeente Sondagsrivier
Autor: | Gouws, G. J. |
---|---|
Rok vydání: | 2013 |
Předmět: | |
Druh dokumentu: | Diplomová práce |
Popis: | Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2013. ENGLISH ABSTRACT: The researcher is a minister in a rural congregation in the town of Kirkwood in the Eastern Cape. A growing diversity among congregants became obvious. It led to conflict and challenged the leadership of the congregation to deal with it in a constructive way in order to be a missional congregation that strives to focus on the missio Dei. In order to help the congregation to better understand where it comes from and how it can be used to participate in God’s work in the Sundays River Valley, the researcher described the identity and culture of the congregation as well as the transformation processes that are having such an influence on everybody. The research question is: How can the diversity between congregants be understood, described en used? In Chapter 2 the identity of the congregation is described. Attention is given to Louw’s identity 1996 analysis of the congregation. Afterwards the influence of globalization on the identity of the congregation is described and how it increased the diversity of the congregation. Ethnographic research described the culture of the congregation (Chapter 3). The researcher discussed Armour and Browning’s (2000) Systems theory in Chapter 4. Chapter 5 described the results of empirical research that depicted five of the reigning systems in the congregatation. The data is interpreted and discussed. At the end of each chapter the researcher outlined conclusions. In Chapter 6 these conclusions and the findings of the empirical research are brought to a point on the basis of which a strategy with practical and theological points of departure for the ministry are suggested. The purpose is to guide the congregation to use their diversity in order to fulfill their missional vocation. AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorser is ʼn dominee in ʼn plattelandse gemeente in Kirkwood in die Oos-Kaap. Hy merk ʼn groeiende diversiteit tussen lidmate van die gemeente ten opsigte van hul lewens- en wêreldbeskouings op. Hierdie diversiteit lei tot konflik en stel die leierskap van die gemeente voor ‘n uitdaging om die diversiteit so te bestuur en te benut. Sodoende kan die gemeente haar roeping om binne hul konteks deel te neem aan die missio Dei bereik. Die studie beskryf die diversiteit. Die navorsingsvraag lui soos volg: Hoe kan die diversiteit tussen lidmate verstaan word, omskryf word en benut word? Die doel van die studie is om die verskillende lewens- en wêreldbeskouings van die lidmate van die NG gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) vas te stel. Hiervoor gebruik die navorser die sisteemteorie van dr. Graves soos deur Armour en Browning toegepas op gemeentewees. In Hoofstuk 2 is die identiteit van die gemeente beskryf. Daar is eerstens gelet op Louw se identiteitsanalise wat hy in 1996 onderneem het. Daarna is die invloed wat globalisasie op die identiteit van die gemeente gehad het, beskryf en hoe dit ‘n toename in diversiteit tot gevolg gehad het. Met behulp van etnografiese navorsing is die kultuur van die gemeente in Hoofstuk 3 beskryf. Die navorser bespreek die Sisteemteorie soos uiteengesit in die boek van Armour en Browning (2002) in Hoofstuk 4. Die doel van hierdie hoofstuk is om die sisteemteorie aan die leser bekend te stel en die nut daarvan vir hierdie studie te verduidelik. Hoofstuk 5 verhaal hoe die Sisteemteorie meetinstrument gebruik is. Die data wat verkry is, word geanaliseer en bespreek. Aan die einde van elke hoofstuk is daar gevolgtrekkings gemaak ten opsigte van die diversiteit in die gemeente. In Hoofstuk 6 kry hierdie gevolgtrekkings en die bevindinge van die empiriese navorsing aandag. Op grond hiervan word ‘n strategie met praktiese en teologiese vertrekpunte vir die bedieningspraktyk voorgestel. Dit het ten doel om die gemeente te begelei om hul diversiteit te benut in die uitleef van hulle missionale roeping. |
Databáze: | Networked Digital Library of Theses & Dissertations |
Externí odkaz: |