Fundamentele bewegingsvaardighede, motoriese behendigheid en verwantskappe met fisieke aktiwiteit en akademiese prestasie van senior fase leerders : die PAHL-studie / Lizl-Louise van Niekerk
Autor: | Van Niekerk, Lizl-Louise |
---|---|
Rok vydání: | 2015 |
Předmět: | |
Druh dokumentu: | Diplomová práce |
Popis: | Fundamentele bewegingsvaardighede is die onderbou of basis waarop al die vereiste vaardighede en aktiwiteite in die kurrikulum vir Senior Fase Liggaamlike Opvoeding van die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), gebou is. Dit word verder in die literatuur beklemtoon dat die kwalitiet waarmee leerders „n fundamentele bewegingsvaardigheid uitvoer, net so belangrik is soos die kwantitatiewe uitkoms van die uitvoering. Liggaamlike Opvoedingonderwysers behoort dus bewus te wees van beide die kwalitatiewe en kwantitatiewe vlakke van leerders se fundamentele bewegingsvaardighede in die lig van die vereiste ontwikkeling en inoefening van gespesialiseerde bewegings- en sportvaardighede in die Liggaamlike Opvoedingprogram. Fundamentele bewegingsvaardighede speel verder „n integrale rol in „n leerder se algehele motoriese behendigheid. Die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser moet voorts bewus wees van geslags- en etniese verskille in fundamentele bewegingsvaardighede en motoriese behendigheid ten einde effektief in die Liggaamlike Opvoedingprogram te differensieer en by verskillende leerders se vermoëns aan te pas. Verder, aangesien dit die primêre doelstelling van Liggaamlike Opvoeding in die KABV is om leerders te bemagtig om fisiek aktief te wees, is die verwantskap tussen fundamentele bewegingsvaardighede, motoriese behendigheid en fisieke aktiwiteitsvlakke nog „n aspek wat van belang is vir die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser in die samestelling van die Liggaamlike Opvoedingprogram. Laastens toon navorsing „n verwantskap tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie. Die doel van hierdie studie was eerstens om die kwantitatiewe en kwalitatiewe stand van fundamentele bewegingsvaardighede by Senior Fase leerders in die Potchefstroom-omgewing te bepaal. Die tweede doelstelling was om die verskille tussen geslagte en etniese groepe ten opsigte van motoriese behendigheid te bepaal. Die derde doelstelling was om die verband tussen motoriese behendigheid en fisieke aktiwiteit te bepaal, en laastens om die verband tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie te bepaal. ʼn Totaal van 239 Senior Fase leerders (98 seuns en 141 dogters), tussen die ouderdomme 13 en 14 jaar het aan die studie deelgeneem. Kwantitatiewe metodologie, met „n eenmalige dwarssnit-ontwerp, is vir die doeleindes van die studie gebruik. Die proefpersone se fundamentele bewegingsvaardighede en motoriese behendigheid is bepaal met behulp van die verkorte weergawe van die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency 2 (BOT-2) (Bruininks & Bruininks, 2005), „n kwantitatiewe toetsbattery wat bestaan uit vier komponente, naamlik fynmotoriese kontrole, manipulasie koördinasie, liggaamskoördinasie en krag-en-ratsheid. Vir die kwalitatiewe bewegingsanalise is van die Fundamentele Bewegingspatroonassesseringsinstrument (FMPAI) (Gallahue & Donnelly, 2003) gebruik gemaak. Vir die meting van fisieke aktiwiteitsvlakke is gebruik gemaak van die gestandaardiseerde International Physical Activity Questionnaire (IPAQ) (Sjöström, 2005). Hierdie vraelys vra die deelnemer om fisieke aktiwiteite van die laaste sewe dae, en ook van ‟n normale week oor die algemeen, gemeet in totale METS (metabolic equivalent – intensiteit van oefening), te rapporteer. Die leerders se akademiese prestasie is gemeet deur gebruik te maak van die gemiddelde akademiese punt (gemiddeld van al die vakke – Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëring, Geskiedenis, Geografie, Natuur-Wetenskap, Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Skeppende Kunste), op die leerder se rapport aan die einde van die jaar, asook die gemiddelde punte vir die twee vakke Engels en Wiskunde, soos op die rapport aan die einde van die jaar aangedui. Beskrywende statistiek is gebruik om gemiddeldes ( x ), minimum- en maksimumwaardes, en standaardafwykings (sa) met behulp van die Statistica vir Windows rekenaarprogram (StatSoft, 2012) te bereken. Verbande tussen die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate, tussen die motoriese behendigheidtoetse en die fisieke aktiwiteitsvlakke, asook tussen motoriese behendigheidstoetse en akademiese prestasie is ontleed met behulp van Spearman korrelasiekoëffisiënte. Om die praktiese betekenisvolheid van die verbande te bepaal is die korrelasiekoëffisiënt as effekgrootte (EG) gebruik. Ten einde die betekenisvolheid van geslagsen etniese verskille te bepaal, is die data verder geanaliseer deur gebruik te maak van onafhanklike t-toetse (p PhD (Movement Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015 |
Databáze: | Networked Digital Library of Theses & Dissertations |
Externí odkaz: |