Akademiese geletterdheid - riglyne vir akademiese skryfwerk
Autor: | Lubbe E |
---|---|
Kategorie: | |
Popis: | Akademiese geletterdheid is noodsaaklik vir akademiese prestasie. Daar word van studente verwag om'n verskeidenheid akademiese tekste met begrip te lees. Studente moet ook hulle eie argumente kan konstrueer en hulle kritiese denkvermoë in die vorm van'n akademiese teks aan'n leser illustreer. Akademiese geletterdheid beteken dat studente as onafhanklike akademiese skrywers kan funksioneer wat navorsing op'n gestruktureerde, goed geformuleerde en logiese wyse kan weergee. In hierdie handboek word studente nie net toegerus met kennis en vaardighede om die genre van akademiese skryfwerk te begryp nie; die samestelling van die boek kan ook meehelp dat studente onafhanklike beoefenaars van hierdie genre word. |
Databáze: | eBook Index |
Externí odkaz: |