Popis: |
Uiteindelik!'n Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 8 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk – elke module het sy eie onderrig-, leer- en assesseringsplan;'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke, prosedures en prosesse vir leeraktiwiteite; volledige memorandums vir al die voorbeeldvraestelle te voorsien; te fokus op kommunikatiewe, teks- en prosesgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind;'n wye verskeidenheid fiksie en niefiksietekste aan te bied volgens eietydse temas;'n formele assesseringsprogram vir graad 8, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; en aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser, asook'n groot verskeidenheid volkleur plakkate in te sluit op die CD vir die onderwyserslêer en onderrigdoeleindes. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig. |