Popis: |
'n Nuwe bygewerkte en uitgebreide uitgawe van Perspektief en profiel (Deel 1, 2 & 3) – die mees omvangryke en resente literatuurgeskiedenis in Afrikaans. Die perspektiewe en profiele is ingrypend hersien (daar is weglatings en veral toevoegings) en ook anders gerangskik. Die insluiting van nuwe perspektiewe oor die uitgewersbedryf, literêre tydskrifte en kinder- en jeugliteratuur gee'n veel meer omvattende blik op die hele Afrikaanse literêre veld. Kenners is betrek by die skryf van perspektiewe en profiele en daar is ook bydraes aangevra van buitelandse akademici. Daar is'n verskeidenheid van (wetenskaplike) paradigmas en style sigbaar. Hierdie literatuurgeskiedenis is veral bedoel vir vakkenners, maar sal ook vir die (nagraadse) student en geïnteresseerde leek van groot belang kan wees. Deel 3 – Verkorte inhoud:'n Perspektief op die Afrikaanse poësie van voor 1990 tot 1960 Die Afrikaanse poësie van 1960 tot 2012'n Perspektief op die Afrikaanse uitgewersbedryf Profiele (S–Z) Riana Scheepers Karel Schoeman Dan Sleigh Adam Small Hettie Smit Wilma Stockenström Barend Toerien Totius C.M. van den Heever Marita van der Vyver Etienne van Heerden Marlene van Niekerk Eben Venter A.G. Visser George Weideman |