Die hedetyd is iets van die verlede: ’n Taalkundige motivering vir die ‘hedetydskryfkunstradisie’ in Afrikaans

Autor: Adri Breed
Jazyk: Afrikaans<br />English
Rok vydání: 2013
Předmět:
Zdroj: Literator, Vol 34, Iss 2, Pp e1-e9 (2013)
Druh dokumentu: article
ISSN: 0258-2279
2219-8237
DOI: 10.4102/lit.v34i2.425
Popis: Daar bestaan in die Afrikaanse skryfkuns ’n tradisie om verhaalgebeure by verstek in die hedetyd aan te bied. Dit is egter moeilik om vanuit ’n literatuuroorsig aan te toon dat hierdie tradisie wel bestaan, sowel as om die redes vir die ontstaan en instandhouding van die tradisie te bepaal. In hierdie artikel word daar eerstens vanuit die skryfkunsperspektief aangetoon dat daar wel in Afrikaans die konvensie bestaan om verhaalgebeure in die hedetyd aan te bied. Tweedens word daar vanuit ’n taalkundige perspektief twee moontlike motiverings vir die ontstaan en instandhouding van die tradisie aangebied. Die doel van die artikel is nie om die geldigheid van die hedetydskryfkunstradisie te bevraagteken nie, maar eerder om ’n gesprek te open rakende die geldigheid van die tradisie, sowel as die implikasies wat dit vir die skryf, lees en interpretasie van Afrikaanse literêre werke het.
Databáze: Directory of Open Access Journals