James Henry Greathead en die Londense Moltrein

Autor: Laurence Wright
Jazyk: Afrikaans<br />English
Rok vydání: 2017
Předmět:
Zdroj: Literator, Vol 38, Iss 1, Pp e1-e16 (2017)
Druh dokumentu: article
ISSN: 0258-2279
2219-8237
DOI: 10.4102/lit.v38i1.1324
Popis: Die artikel ondersoek die oorsprong en vroeë geskiedenis van die toestel genaamd die ‘Greathead Skild’, ‘n belangrike nuwigheid in Viktoriaanse ingenieurwetenskap, wat van deurslaggewende belang was in die konstruksie van die Londense Moltrein. Die doel is om die basis te ontleed waarop, baie jare later, ‘n Suid-Afrikaanse ingenieur wye openbare erkenning in die vorm van ‘n standbeeld vir die ‘ontwerp’ van die Skild geniet het. Uit die perspektief van kulturele studies beskou, hoe moet ons uitvinding verstaan, gegewe dat ander briljante ingenieurs ook betrokke was? Hierdie vraag word ontleed met die gebruik van die konsep ‘extelligence’ (Stewart and Cohen 1997), in samehang met ander kontemporêre en geskiedkundige weergawes, insluitend Greathead se eie rekord van sy prestasies in die verrigtinge van die Instituut van Siviele Ingenieurs en voorgelê in The City and South London Railway (1896), onder redaksie van James Forrest. Hierdie artikel is die eerste keer as referaat aangebied by die konferensie oor ‘Nuuthede en Innovasie in die Negentiende Eeu’ aan die Noordwes-Universiteit, Mei 2016.
Databáze: Directory of Open Access Journals