Popis: |
Kinders wat in residensiële sorg geplaas word, is ernstig getraumatiseerd. Die implikasie hiervan is dat dit 'n direkte invloed op die psigososiale welstand van die kinder- en jeugsorgwerkers het wat daagliks met die kwesbare kinders werk - dit beïnvloed hoe hulle hul daaglikse take verrig en kan selfs tot emosionele uitbranding lei. Die doel van die studie was om kwantitatief die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van kinder- en jeugsorgwerkers te ondersoek. Sewe-en-sewentig kinder-en-jeugsorg werkers (KSW) is met doelgerigte steekproefneming by die studie betrek. Drie vraelyste is gebruik om data in te samel. Die IBM SPSS-weergawe 25 sagteware is gebruik om die data te ananliseer. In sommige gevalle was daar 'n klein effek grootte, tog blyk dit dat etnisiteit, geslag, huwelikstatus en inkomste 'n invloed op die psigososiale welstand van KJW het. Die studie toon ook 'n verband tussen die KJW wat supervisie ontvang en diegene wat nie supervisie ontvang het nie. Children who are placed in residential care have been severely traumatised, and the implication is that it has a direct impact on the psychosocial well-being of the child and youth care workers who work with the vulnerable children daily. How the care workers perform their daily tasks are impacted upon and can even lead to emotional burnout. The aim of the study was to quantitatively investigate the relationship between supervision and the psychosocial well-being of child and youth care workers. Seventy-seven child and youth care workers (CYCW) were purposefully sampled for this study. Three questionnaires were used to collect data. The IBM SPSS version 25 software was used to analyze the data. In some cases, there was a small effect size, yet it seems that ethnicity, gender, marital status, and income influence the psychosocial well-being of CYCW. The study also shows a connection between CYCW who received supervision and those who did not receive supervision. |