Popis: |
MA (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2016 Liturgie moet doelbewus die transformasie van die wereld as 'n oogmerk of uitkoms he. Sweet (1999:58) se: "If there is darkness, the blame should be attached where it belongs; not to the world that is dark, but to the church that is failing to provide the light". In die navorsing word aangedui dat transformasie van die samelewing hoofsaaklik voor die deur van die individuele gelowige le, maar dat gelowiges nie genoegsaam daarin slaag om die wereld effektief te impakteer deur die liturgie van die lewe nie, omdat die korporatiewe liturgie gelowiges nie effektief toerus en bemagtig vir hierdie taak nie. Die rede hiervoor is hoofsaaklik die stagnasie in die korporatiewe liturgie, wat veroorsaak word deur 'n kerklike identiteitskrisis. Die kerk se identiteitskrisis is 'n uitvloeisel van 'n gebrekkige wereldbeeld wat versterk word deur kontekstuele faktore in die samelewing. Die uitdagings van die samelewing maak so 'n impak op individuele gelowiges, asook die institusionele kerk, dat die Koninkryk nie genoegsaam deurbreek om die verwagte transformasie te bewerk nie. Die toedrag van sake kan omgekeer word mits die nodige aanpassings, veral in die korporatiewe liturgie, gemaak word om die individu te bemagtig en mobiliseer vir 'n effektiewe lewensliturgie. Paulus se gebruik van die tempel-metafoor om beide die liturgie van die korporatiewe kerk asook die individuele gelowige se lewe te beskryf, dui die onmiskenbare verwantskap tussen die twee gestaltes van liturg ie aan. Die ondersoekveld van die navorsing fokus op die liturgie van die tempel. Daar word onderskei tussen korporatiewe tempel-liturgie en die liturgie van die individuele gelowige se lewe as tempel van die Heilige Gees. Die gelowige, as tempel van die Heilige Gees, beoefen liturgie in die spervuur van die sondige wereld. Die navorsing het gepoog om die volgende vraag te beantwoord: Watter praktyk-teoretiese merkers kan saamgestel word uit die bevindinge van 'n omvattende ondersoek, vanuit die Skrif en ander wetenskappe, na die bemagtigingsimpak van die praksis van die korporatiewe erediens-liturgie om: • gelowiges toe te rus en te mobiliseer vir die liturgie van die individuele geloofslewe om, • deur die liturgie van die geloofslewe, daagliks tekens van die koms van die Koninkryk op te rig. Liturgy should consciously have in mind the transformation of the world , as we know it. Sweet (1999:58) remarks: "If there is darkness, the blame should be attached where it belongs; not to the world that is dark, but to the church that is failing to provide the light". This research proposes that it is in particular the calling of the individual believer to work towards the transformation of society, however, the latter is not practiced effectively in the world, the reason mainly being that corporate liturgy does not prepare and equip believers for the liturgy of daily living. The identity crisis in the church is believed to be cause for the aforementioned lack of efficient empowering. At the foundation of the churches' identity crisis is a distorted world view, which is further strenghtened by contextual factors in society. This state of affairs can be turned around if corporate liturgy implements necessary adjustments needed to mobilize and equip believers. Paul's use of the temple metaphor to define both corporate- and individual liturgy, points to the clear relationship between the two spheres. Believers are the temple of the Holy Spirit and exercise liturgy as they encounter a fallen and sinful world. This study seeks to answer one important question: Which practice-theoretical markers can be discerned, through comprehensive research of Scripture and other disciplines, to maximise the impact of corporate liturgy in order to: • effectively equip individual believers, to • erect signs of God's coming Kingdom everyday as the liturgy of life Masters |