Six powerful contemporary tendencies secularising Christian higher education: social Darwinist competition, scientistic technicism, neo–pragmatic relativism, valuism, intolerance and churchism

Autor: Van der Walt, B.J.
Přispěvatelé: 10169628 - Van der Walt, Barend Johannes
Jazyk: angličtina
Rok vydání: 2015
Popis: Ses kragtige hedendaagse tendense wat die sekularisering van Christelike hoër onderwys bevorder: Sosiaal-Darwinistiese kompetisie, scientistiese tegnisisme, neo-pragmatistiese, relativisme, waardeverabsolutering, onverdraagsaamheid en kerkgesentreerdheid Hierdie (vierde) artikel sluit aan by die vorige drie bydraes in hierdie tydskrif wat agtereenvolgens die volgende aan die orde gestel het (vgl. Van der Walt, 2014a, 2014b en 2014c): (1) Die basiese vereistes vir 'n Christelike akademiese instelling. (2) Daarna is die verhaal vertel van hoe die eertydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) binne 'n kort tydperk tot 'n min of meer sekulêre instelling getransformeer is. (3) Vervolgens is twee invloedryke hedendaagse ideologieë, ekonomisme en bestuursoutokrasie ("managerialism"), ondersoek, wat volgens die skrywer moontlik sleutelrolle gedurende die laaste fases van die geskiedenis van die PU kon gespeel het. In hierdie laaste artikel in die reeks word die eie interpretasie van die PU-geskiedenis voortgesit deur op nog ses belangrike tendense te let wat tot die sekularisering van hierdie vroeëre Christelike instelling kon meegewerk het. Agtereenvolgens word die volgende behandel: (1) neo-Darwinistiese kompetisie, (2) scientistiese tegnisisme, (3) neopragmatistiese relativisme, (4) die myns insiens misplaasde vertroue op waardes om enigsins rigting of koers te probeer hou, (5) die gangbare idee van toleransie wat in sy boesem die kiem van onverdraagsaamheid mag bevat. Vervolgens (6) word gelet op die rol van 'n eng kerkgesentreerde visie by baie Christen akademici - wat daartoe gelei het dat die breëre koninkryksvisie van die Skrif geleidelik verlore geraak het. As gevolg van 'n dualistiese visie van die aardse (natuurlike) teenoor die geestelike (bonatuurlike) was Christene ook nie bewus van die groot gevaar van die toenemende sekularisme nie. Hulle was gewoond daaraan om 'n gesplete bestaan te voer tussen, aan die een kant 'n persoonlike en kerklike vroom godsdienstige lewe en aan die ander kant, 'n sogenaamde neutrale openbare lewe. 'n Outentieke profetiese stem in die breë samelewing het dus ontbreek. In die lig daarvan word gepleit vir Christelike onderwys en instellings wat wel deur kerke tot stand gebring en ondersteun mag word, maar - ter wille van die behoud van 'n breër koninkryksvisie - hulle interne onafhanklikheid behou. (7) Die artikel word afgesluit met moontlike reaksies van die lesers, maar terselfdertyd met die oproep tot verdere nadenke, asook die noodsaaklikheid van 'n passievolle visie vir Christelike hoër onderwys op ons Afrika-kontinent.
Databáze: OpenAIRE