Toepassingswaarde van 'n pasgemaakte perseptueel-motoriese bewegingsontwikkelingsprogram by vier- tot sesjarige leerders in die Vaalharts omgewing

Autor: Van Reenen, I
Přispěvatelé: Pienaar, A.E., Prof, Gerber, B.P., Dr, 10063153 - Pienaar, Anita Elizabeth, 22971440 - Gerber, Barend Paul
Rok vydání: 2019
Předmět:
Popis: MSc (Kinderkinetika), North-West University, Potchefstroom Campus Voldoende perseptueel-motoriese ontwikkeling is belangrik vir jong kinders se algehele huidige, maar ook voortgesette ontwikkeling. Hierdie ontwikkeling word deur verskeie faktore beïnvloed wat onder andere insluit die omgewing waarin 'n kind grootword asook die kundigheid van onderwysers. Kinders wat in lae sosio-ekonomiese omstandighede grootword, word as kinders met 'n groter risiko vir perseptuele en motoriese agterstande beskou; gevolglik lei hierdie situasie daartoe dat hulle hulpverlening ten opsigte van hierdie ontwikkeling benodig. Met hierdie onderhawige verhandeling is gepoog om die sukses te bepaal van deelname aan 'n pasgemaakte perseptueel-motoriese bewegingsontwikkelingsprogram, aangebied deur onderwysers wat opleiding in die aanbieding daarvan ontvang het, om die ontwikkeling van fundamentele en perseptueel-motoriese vaardighede van vier- tot sesjarige kinders uit die lae sosio-ekonomiese Vaalharts-omgewing te verbeter. Die metode wat in hierdie verkennende studie gevolg is, het ingesluit: die opleiding van onderwysers deur middel van 'n werkswinkel, die monitering van die aanbieding van die pasgemaakte program deur vierweeklikse moniteringsbesoeke, asook 'n afsluitingsgroepbespreking na afloop van die aanbieding van die program. Die program onder bespreking is deur die navorser saamgestel. 'n Beskikbaarheid-steekproef, geselekteer uit een skool in 'n lae sosio-ekonomiese omgewing (N = 44), van kinders tussen die ouderdomme vier en ses jaar, het aan die program deelgeneem. Hulle is ingedeel in: a) 'n eksperimentele groep (n = 25), wat vier maande lank, eenmaal per week vir 30 minute per geleentheid aan die program, wat deur die onderwyser aangebied is, deelgeneem het; en b) 'n kontrolegroep (n = 19) wat nie aan die program deelgeneem het nie. Hierdie twee groepe is teenoor mekaar gestel en vergelyk. 'n Voortoets, natoets en retensietoets, twee maande na die natoets, is uitgevoer om vordering asook verskille tussen die groepe te bepaal waar 'n p-waarde van p
Databáze: OpenAIRE