Hoeksteenlegging van die hoofgebou [van] die Potchefstroomse Universiteitskollege, 4 Augustus, 1930

Autor: Potchefstroom University for Christian Higher Education.
Rok vydání: 1930
Popis: Die Potchefstroomse Uniwersiteitskollege het gedurende die dae van 2 tot 4 Augustus feesgevier. Met die hoeksteenlegging van die hoof gebou van die P.U.K. is weer 'n mylpaal in die geskiedenis van die inrigting onder Gods seën bereik. Die ontstaan en bestaan van die P.U.K. getuig van die krag van beginsels. Die oprigters het uit en vir beginsels geleef, beginsels wat wortel in die ou Protestantse geloof. Hulle beginsel-arbeid en -lewe was nie tevergeefs nie! Op 4 Augustus het Dr. D. F. Malan, die waarnemende Eerste Minister van die Unie en die Minister van Onderwys, met nadruk die goeie reg van bestaan van die P.U.K. beklemtoon. Ons nederige dank vir die hoogamptelike erkenning, wat nog in die toekoms baie groot waarde sal he en werd is om onthou te word. Raadslede, Senaatslede en studente van die P.U.K. het die groot belangstelling van Ministers, Senatore, Volksraadslede, predikante, onderwysers, studente, afgevaardigdes van P.U.K.-komitees uit alle dele van die Unie (b.v. uit Swasiland, Postmasburg, Burgersdorp), en van die algemene publiek in Potchefstroom en distrik baie hoog gewaardeer.
Databáze: OpenAIRE