Popis: |
Sommige van diepersoonlike ervaringe en bevindinge van 'n (prakties) teologies-akademiese skrywer word in die artikel onthul. Dié onthulling geskied op 'n intiem-persoonlike wyse aan die hand van 'n outo(biografiese) reis. Meesleurend vanuit 'n aanvanklike en terloopse aanraking van die persoonlike lewensruimte van die praktiese teoloog, word 'n trajek gebied aan die hand waarvan die ontwikkeling van akademiese skryfwerk gekaart kan word. Onverwagse mylpale langs die pad van gedokumenteerde prakties-teologiese navorsing sluit onder meer verbandhoudende aspekte van 'n plaaslike, konkrete en beliggaamde aard in. By elk van dié mylpale, wat 'n steil reliëf en gradiënt op die roete verteenwoordig, word op outobiografiese wyse aangedoen. In 'n persoonlike tuiskoms by dié mylpale word tot die ontdekking gekom dat skrywer en leser inderdaad die mees persoonlike in gemeen het, maar dat dít ook universele betekenis het. In die konstruering van dié reflekterende gedagtes word moontlike coordinate vir die toekomstige neerpen en kartering van persoonlike teologies-akademiese onthullings gebied. This article discloses, in an intimate personal manner and based on an (auto)biographical journey, some of the secrets and treasures of a (practical) theological academic author. Drawing on an initial casual contact with a practical theologian's personal living-space, it presents a trajectory for charting the development of academic writing. Unexpected milestones along the path of documented practical theological research include aspects of a local, concrete and embodied description. Each of these milestones describes the steep elevation and gradient along the course. In viewing these milestones, one discovers that both writer and reader share in the most personal matters and that this intimacy has general significance. An analysis of the reflecting words of a (practical) theologian reveals potential coordinates for future writing and charting of other personal theological academic secrets and disclosures. |