Geloof, gelykheid en die beskeie sistemiese rol van eiendomsreg in die Beloftebos-saak
Autor: | Elmien du Plessis |
---|---|
Rok vydání: | 2021 |
Předmět: |
grondwet
selfdegeslaghuwelike General Arts and Humanities Philosophy sakeregteorieë same-sex marriages General Social Sciences beskeie sistemiese rol van eiendomsreg gelykheid Constitution religion law of things theories sakereg equality modest systemic role in property law Theology geloof law of things |
Zdroj: | Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Volume: 61, Issue: 1, Pages: 177-192, Published: MAR 2021 |
ISSN: | 2224-7912 0041-4751 |
DOI: | 10.17159/2224-7912/2021/v61n1a11 |
Popis: | Vroeg in 2020 het 'n trou-venue in die Kaapstad-omgewing geweier dat twee vroue met mekaar trou op hul perseel. Dit sal inbreuk maak op hul eie geloofsoortuigings, het die eienaars beweer. Baie mense het ter ondersteuning van die optrede aangevoer dat die besigheid die reg van toegang tot die perseel mag voorbehou. Op grond van sekere inhoudsbevoegdhede wat spruit uit eiendomsreg, soos die bevoegdheid om toegang te weier op grond van geloofsoortuigings, het die eienaars vervolgens geargumenteer dat die uitsluiting regverdigbaar was. Eiendomsreg hou sekere belangrike bevoegdhede vir die eienaar in, soos om iemand van jou eiendom te kan uitsluit. Sommige mense sal redeneer dat 'n kontekstuele benadering vereis dat daar in spesifieke omstandighede bepaal word of - en tot watter mate - uitsluiting geregverdig is. Ander aanvaar dat die reg om mense uit te sluit absoluut en duidelik in reëls vasgevat is, en dat dit die basis van die reg tot eiendom vorm. Meer progressiewe eiendoms-teorieë bied normatiewe argumente wat die beperking van eiendomsreg ondersteun - soos dat menswaardigheid belangrik is, of dat uitsluiting in elk geval onderworpe is aan soveel ander voorwaardes dat 'n eenvoudige reeling van "bly uit!" nie neergelê kan word nie. AJ van der Walt voer egter aan dat eiendomsreg eintlik 'n beskeie sistemiese rol in die reg speel - soos dit hoort. Met ander woorde, in sommige gevalle word verskille wat handel oor eiendomsgebruik besieg deur eerder nie-eiendomsregte, soos die reg op lewe, menswaardigheid, gelykheid en vryheid van spraak, te beskerm. In hierdie gevalle speel eiendomsreg 'n beskeie of ondergeskikte rol. Daar is dikwels belangrike en sistemiese redes hoekom dergelike regte, wat nie regstreeks met eiendom verband hou nie, bo eiendomsregte beskerm moet word. Aan die hand van die bogenoemde teorie beoog hierdie artikel om die rol en plek van eiendomsregreëls te ondersoek in gevalle waar eienaars steun op die inhoudsbevoegdheid van uitsluiting op grond van geloofsoortuigings. Early in 2020, a wedding venue in the Cape Town area refused to allow two women to marry each other on their premises. This would infringe on their own religious beliefs, the owners maintained. Many argued in support of the business reserving the right of access to its premises. Thus, on the basis of certain entitlements arising from ownership, such as the power to exclude on the basis of religious beliefs, the owners argued that the exclusion was justifiable. Ownership ensures certain important entitlements for the owner, such as being able to exclude someone from your property. Some would argue that a contextual approach requires determining in specific circumstances whether - and to what extent - exclusion is justified. Others accept that the right to exclude people is absolutely and clearly enshrined in rules, and that it forms the basis of ownership. More progressive property theories offer normative arguments that support the restriction of property rights - such as, for example, that dignity is important, or that expulsion is in any case subject to so many other terms that a mere "keep out!" rule cannot simply be laid down. However, AJ van der Walt argues that property rights actually play a modest systemic role in law - as it should. In other words, in some cases, differences in property use should rather be resolved by protecting non-property rights, such as the right to life, human dignity, equality andfreedom of speech. In such instances, property rights play a modest or subordinate role. There are often important and systemic reasons why the abovementioned rights, which are not directly related to property, should be protected above property rights. Based on this theory, this article aims to investigate the role and place of property rules in cases where owners apply the rule of expulsion based on religious beliefs. |
Databáze: | OpenAIRE |
Externí odkaz: |