Die storie van Afrikaans - uit Europa en van Afrika, Deel 2 deur WAM Carstens en EH Raidt
Autor: | Ernst Kotzé |
---|---|
Rok vydání: | 2019 |
Předmět: | |
Zdroj: | Tydskrif vir Geesteswetenskappe. 59:588-598 |
ISSN: | 2224-7912 0041-4751 |
DOI: | 10.17159/2224-7912/2019/v59n4a9 |
Popis: | As tweede boekdeel van ʼn geskiedenis van Afrikaans verteenwoordig hierdie publikasie die Afrika-komponent van ʼn omvattende beskrywing, waarvan die Europese herkoms in die eerste deel gedek word. Met inagneming van die tydperk waarin die eerste bewoners van die subkontinent hier woonagtig was, word die tydlyn dan vanaf die middel van die 17de eeu getrek, toe ʼn Suid-Hollandse vorm van Nederlands as kerndialek aan die Kaap geënt is, en oor die volgende eeu en ʼn half blootgestel is aan, en beïnvloed is deur, sprekers van talle ander tale. Die taalkonflik wat ontstaan het vanaf die oorname van die Kaap deur die Britse Ryk, en ʼn taalgebaseerde nasionalisme tot gevolg gehad het, word aan die hand van sosiopolitieke gebeure beskryf. Hiervan was die tweede Anglo-Boereoorlog teen die eeuwending, wat saamval met ʼn skeiding en oorgang tussen twee taalbewegings, ook ʼn keerpunt. ʼn Stryd om erkenning, aanvanklik op die rug van Nederlands, het uiteindelik gelei tot die verampteliking en standaardisering van Afrikaans. Die wisselwerking tussen Afrikaans en die politiek word in hoofstuk 20 beskryf, wat die periode tussen 1948 en 1994 dek, ʼn tydperk wat gelei het tot polarisasie tussen sprekers van Afrikaans van verskillende kleure. In die beoordeling van die agteruitgang van Afrikaans as taal van hoër funksies in die post-1994-periode wys die outeurs op die kompleksiteit van feite en persepsies wat daarmee gepaard gegaan het, en hoe versoening tussen voorheen vervreemde Afrikaanstaliges tot stand gekom het (en kom). Ten slotte word ʼn Janusblik gewerp op sowel die verlede (waarin die rol van alle sprekers van Afrikaans in geskiedskrywing en aktuele gebeure erken word) as die toekoms, met inagneming van wat noodsaaklik is vir die sinvolle voortbestaan van die taal. |
Databáze: | OpenAIRE |
Externí odkaz: |