Oor die vraag na identiteit in 'n postapartheid-wêreld: Ko-skepping as alternatief vir onto-rasse-logie
Autor: | Schalk Hendrik Gerber |
---|---|
Rok vydání: | 2018 |
Předmět: | |
Zdroj: | Tydskrif vir Geesteswetenskappe. 58:597-607 |
ISSN: | 2224-7912 0041-4751 |
DOI: | 10.17159/2224-7912/2018/v58n3a11 |
Popis: | Hoe verstaan 'n mens wie jy is in 'n postapartheidwêreld? Anders gestel: Wat volg moontlik op die logika van apartheid? In hierdie artikel word daar in die lig van dié vrae betoog vir 'n identiteitsbegrip as aksie wat lei tot ko-skepping van betekenis eerder as essensie. Voordat hierdie betoog gelewer kan word, word in die eerste deel van die artikel die logika wat die identiteitsbegrippe in die koloniale bestel en in sy nakomeling apartheid gekonstitueer het, hermeneuties ontleed as onto-rasse-logie. Op sy beurt word getoon dat dié logika tot die opsluiting van identiteite as essensialisties binne 'n geslote totaliteit lei. Daarteenoor word in die tweede deel betoog enersyds vir die vermyding van 'n voortsetting of rekonstruering van n onto-rasse-logiese identiteit en 'n geslote totaliteit, en andersyds vir die ontsluiting van die wêreld met n identiteitsbegrip as aksie eerder as essensie. Dit is n identiteitsbegrip wat op n ontologiese vlak rekening hou met n persoon se gegewe bestaan in die wêreld as altyd saam met ander en die universele verantwoordelikheid wat daarby ingeweef is: die strewe na en herstel van n menswaardige bestaan vir almal. |
Databáze: | OpenAIRE |
Externí odkaz: |