Geïnstitusionaliseerde taal binne 'n nuwe bedeling

Autor: Marga Stander, A. G. Jenkinson
Rok vydání: 1993
Zdroj: South African Journal of Linguistics. 11:30-37
ISSN: 1011-8063
DOI: 10.1080/10118063.1993.9724325
Popis: Die demokratisering van Afrikaans stel taalbeplanners en variasietaalkundiges voor die uitdaging om 'n betekenisvolle rol te speel in die totstandkoming van 'n nuwe verteenwoordigende taalbedeling, met die bemagtiging van alle moedertaalsprekers en die nuutstandaardisering van Afrikaans op 'n inklusiewe varieteitebasis as doelwit. In die artikel word van die standpunt uitgegaan dat Standaardafrikaans nie 'n homogene linguale objek is nie, maar enersyds 'n geidealiseerde institusionele hoefunksiekode is met geleentheidsgebruikers en andersyds 'n niegeinstitusionaliseerde standaardtaal is met standaardtaalsprekers. Binne die Variasietaalkunde kan laasgenoemde as die standaardvarieteit of bowestreekse varieteit beskou word naas die niestandaardvarieteite. Ten einde die verskille tussen al die varieteite te minimaliseer moet alle moedertaalsprekers van Afrikaans op formele en informele vlak inspraak en verteenwoordiging he in die amptelike strukture wat die status- en korpusbeplanning van Afrikaans behartig.
Databáze: OpenAIRE