KONJUNKSIEVERHOUDINGS IN AFRIKAANS—'N VERKENNING

Autor: Wam Carstens
Rok vydání: 1996
Zdroj: South African Journal of Linguistics. 14:61-76
ISSN: 1011-8063
DOI: 10.1080/10118063.1996.9724081
Popis: In hierdie artikel word kortliks gefokus op enkele aspekte wat te doen het met die begrip “konjunksie”: wat met konjunksie as konsep bedoel word, waarom konjunksieverhoudings in die taal gebruik word, watter rol dit speel by die totstandkoming van kohesie terwyl van die belangrikste konjunksietipes ook uitgelig sal word. Uit die artikel behoort na vore te kom dat elemente wat skakeling tussen konjunkte moontlik maak, 'n kardinale rol speel in die totstandkoming van verbindende semantiese verbindings tussen opeenvolgende sinne en sinsdele. Aan die hand hiervan word geillustreer waarom konjunksie se funksie as skakelingsmerker bydra dat dit so 'n belangrike kontinuiteitsmiddel in die taal is. Dit is inderdaad duidelik dat die implisiete waarde van die konjunksiemerkers juis op 'n unieke wyse kohesie en koherensie meebring. 'n Moontlike lys van Afrikaanse konjunksieverhoudings sal ook aangedui word.
Databáze: OpenAIRE