Die doeltreffendheid van ’n opvoedkundige voedingspeletjie in Engels oor die behoud van kennis by Graad 5-isiZulu-sprekende leerders in KwaZulu-Natal

Autor: Nicola L. Wiles, Rebecca A. Esteves, Annette van Onselen
Jazyk: afrikánština
Rok vydání: 2017
Předmět:
Zdroj: South African Journal of Science and Technology, Vol 36, Iss 1 (2017)
ISSN: 2222-4173
0254-3486
Popis: ’n Goeie begrip van voedingskonsepte stel mens in staat om basiese kennis in optrede om te sit. Met die doen van hierdie studie is daar nog nie onder isiZulu-sprekende leerders ondersoek ingestel na ’n speletjie wat opvoedkundige voedingskonsepte in Engels toets nie. Die doelstelling van hierdie studie was om die doeltreffendheid te bepaal van ’n Engelstalige voedselgebaseerde dieetriglyn-voedingspeletjie (FBDG) oor die vaslegging van voedingskennis by isiZulu-sprekende leerders. Die ontwerp is in die vorm van intervensie waar ’n metode van vóór- en návrae en -antwoorde gebruik is. ’n Vraelys bestaande uit vyf afdelings is opgestel om die vlakke van voedingskennis vóór en ses weke ná ingryping in die vorm van ’n opvoedkundige voedingspeletjie te bepaal. Altesaam 169 Graad 5-leerders van twee skole in Sweetwaters, KwaZulu-Natal, het aan die studie deelgeneem. Voorlopige resultate het getoon dat die leerders oor gebrekkige kennis van die basiese FBDG beskik. Die vraag oor die voedselverrykingshandelsmerk het die grootste algemene verbetering met statistiese beduidendheid (p = 0.000) getoon. Die oordra van inligting met behulp van prentjies in die speletjie het die leerders gehelp om kennis oor bepaalde vrae makliker te behou. Terwyl daar min verbetering was in die behoud van kennis oor die algemeen, het die kontrolegroep ’n beduidende toename in die behoud van kennis in hulle nátoets-kennistelling (p = 0.011) waargeneem. Gebrekkige kennis van die Engelse taal kon die doeltreffendheid van die intervensie beïnvloed het. Opvoedkundige voedingspeletjies het die potensiaal om voedingskennis te verbeter. Voorkeur moet verleen word aan die verhoging van vaardigheid in Engels onder isiZulu-sprekende leerders om hulle vermoë te verbeter om voedingsinligting wat op skool geleer word, vas te lê.
Databáze: OpenAIRE