Prooimanipulasie in ’n grasveldgemeenskap op ’n binnelandse lughawe in Suid-Afrika

Autor: A. C. Kok, O. B. Kok
Jazyk: afrikánština
Rok vydání: 2002
Předmět:
Zdroj: South African Journal of Science and Technology, Vol 21, Iss 4, Pp 129-139 (2002)
ISSN: 2222-4173
0254-3486
Popis: Grondlewende invertebrate en kleinere vertebrate is deur middel van put- en muisvalle in onversteurde lang gras en gras wat permanent kort gehou is oor ’n tydperk van 15 maande (Maart 1994 – Mei 1995) op die Bloemfontein-lughawe versamel. Getalsgewys het insekte meer as 90% van alle vangste uitgemaak, waarvan meer as dubbel soveel individue in die kort- as langgrasgebiede aangetref is. Die beskikbare voedselvoorraad vir oorwegend insekvretende avifauna op binnelandse lughawens sal dus effektief verminder kan word (indirek ook voëlgetalle) deur ’n sogenaamde langgrasbeleid as beheerstrategie toe te pas. ’n Betekenisvolle en volgehoue afname in grasdraertermiet-getalle en -aktiwiteite is deur die toediening van Gaucho-behandelde lokaas in versteurde grasgebiede bewerkstellig. As belangrike komponent in die dieet van voëls in grasveldgemeenskappe kan voëlgetalle, en hopelik ook trefongelukke met vliegtuie, sodoende verminder word.
Databáze: OpenAIRE