Autor: |
Viljoen, Ignatius Michael |
Přispěvatelé: |
Middelberg, S, 10779221 - Middelberg, Susanna Levina (Supervisor) |
Rok vydání: |
2016 |
Předmět: |
|
Popis: |
MCom (Management accountancy), North-West University, Potchefstroom Campus, 2016 Kommersiële boerdery is vandag meer ingewikkeld as wat dit in die verlede was. Daar rus ‘n groter verpligting op boere om strategiese finansiële besluite in hulle boerderye te neem. Dit is van kardinale belang dat boere moet vasstel hoe vleis goedkoper geproduseer kan word. Boere voel egter dat dit amper onmoontlik is weens die groot finansiële druk wat die landbousektor sowel as die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie tans ervaar. Dit is sigbaar in produksiekoste wat jaarliks styg, wisselende brandstofpryse en staatsbystand wat skraps is. Boere word daarom genoop om kreatief met hul finansies om te gaan. Aangesien boere prysnemers is, beskik die individuele boer nie oor die vermoë om ‘n beduidende verskil in die lae veeprys, alternatiewelik die trae groei in veepryse te maak nie. Die boer kan wel die brutowaarde van die winste wat uit produksie verkry word verhoog deur die regte keuse vleis teen die beste prys per kilogram beskikbaar te verkoop. Die hoofdoelwit van die studie was om deur gebruik te maak van die aktiwiteitsgebaseerde koste (AGK) beginsels die optimale kombinasie vee vir ʼn enkele gemengde veeboerdery te bepaal. Die gevallestudie is gebaseer op inligting wat uit twee gemengde veeboerderye verkry kon word. Die eerste boerdery (“Boerdery 1”) bestaan uit ‘n bees- en skaapboerdery. Die tweede boerdery (“Boerdery 2”) bestaan uit boerboklammers. Die AGK model is op beide boerderye se produkte toegepas. Daar is bevind dat dit nie vir Boerdery 1 meer winsgewend gaan wees om ‘n boerbokkudde tot die boerdery by te voeg nie. Die aanbevelings sluit wel in dat Boerdery 1 die skaapboerdery moet vergroot. Die rede vir hierdie aanbeveling is aangesien dit jaarliks ‘n groter wins vir Boerdery 1 inhou gekombineer met verlaagde risiko aangesien beide skaap- en beesprodukte dan dieselfde gewig sou dra. Masters |
Databáze: |
OpenAIRE |
Externí odkaz: |
|