Fonologiese disleksie by 'n Engels-Afrikaanse tweetalige kind.

Autor: Klein, Denise, Doctor, Estelle Ann
Zdroj: South African Journal of Linguistics; Nov1992, Vol. 10 Issue 4, p254-257, 4p
Abstrakt: Die gevallestudie wat in hierdie artikel beskryf word, toets die voorgestelde model van Doctor & Klein (vorige artikel). Die verwerwing van geletterdheid is reeds in verskeie taalgemeenskappe ondersoek, maar 'n vergelyking van leesversteurings in verskillende tale is nog selde gedoen. Slegs een gevallestudie bestaan reeds—dié van 'n tweetalige ontwikkelingsdisleksiese persoon, wat nie daarin kon slaag om die alfabetiese fase van leesontwikkeling onder die knie te kry nie. Die foute wat sy maak as sy lees, bewys hoe belangrik fonologiese vaardighede by die verwerwing van die leesproses is, veral in 'n taal soos Afrikaans, waar die aanwending van 'n fonologiese strategie noodsaaklik is. Die bevindinge van die ondersoek wat in hierdie artikel beskryf word, is uniek omdat daar in Suid-Afrika kinders is wat tegelykertyd 'n fonologiese diep taal (Engels) en 'n fonologiese vlak taal (Afrikaans) moet leer lees—dit bied die geleentheid om ooreenkomste en verskille te identifiseer by die ontwikkeling van skryfsisteme wat varieer ten opsigte van die akkuraatheid waarmee hulle fonolo-gie weergee. [ABSTRACT FROM PUBLISHER]
Databáze: Complementary Index