Abstrakt: |
Alhoewel tad aan 'n groep leerlinge of studente onderrig word, is dit indiwidue wat die taal aanleer. Ons konsentreer egter op foute van 'n homogene groep taalaanleerders, omdat daar 'n geordende patroon in steek wat 'n besondere waarde het vir sillabusbeplanning, ordening en oordrag van die leerstof, remediëringswerk en toetsing en meting. Patroonversteurings het baie te make met die aard van die taalaanleerder se moedertaal. 'n Groep wat uit verskillende moedertaalsprekers bestaan, sal 'n baie meer heterogene fouteregister toon. In hierdie artikel lê ek die onderskeid tussen vergissings- en beheersingsfoute uit, bespreek ek die begnppe ‘intertaal’ en ‘oorveralgemening’ en lê ten slotte klem op funksionele relatiwiteit van ‘foute’. [ABSTRACT FROM PUBLISHER] |