Abstrakt: |
Elke hoorder/leser verwag met reg op grond van die gesprekstransaksie wat daar met hom aangegaan is, dat die spreker/skrywer binne die aanvaarde kode/genre en hulle gedeelde voorveronderstellings sy taalaanbod moet maak. Sou die spreker dit nie doen nie, aanvaar die hoorder nogtans dat hierdie vereistes nagekom is en interpreteer hy die aanbod so. Moet 'n mens nie in sulke gevalle van 'n hoordersillokusie, -lokusie en perlokusie praat nie? Hierdie probleem word ondersoek aan die hand van 'n onsamehangende teks. [ABSTRACT FROM PUBLISHER] |