ETIESE DIMENSIES IN DIE BENUTTING VAN DIE ENKELSISTEEMNAVORSINGSONTWERP

Autor: C Reynolds
Jazyk: Afrikaans<br />English
Rok vydání: 2008
Předmět:
Zdroj: Social Work/Maatskaplike Werk, Vol 44, Iss 1, Pp 1-13 (2008)
Druh dokumentu: article
ISSN: 0037-8054
2312-7198
DOI: 10.15270/44-1-258
Popis: Maatskaplike werkers moet kan demonstreer dat die maatskaplikewerk- hulpverleningsintervensieswat hulle toepas, waarneembare uitkomste lewer in die lewens en omstandighedevan individue, groepe, gemeenskappe en organisasies. Laasgenoemde geld ook vir dieprogramme en projekte wat deur ’n welsynsorganisasie aangebied word. Hierdie verantwoordelikheidval saam met die staat se Kwaliteitsbeheerbeleid. Hierdie verantwoordelikheid is reedssedert die sewentigerjare van die vorige eeu sterk beklemtoon (Fanshel, 1980:32-35).Maatskaplike werkers het die verantwoordelikheid om aan kliënte, werkgewers, borge,subsidiërende liggame en die gemeenskap te kan toon dat hulle professionele dienslewering ’nbydrae tot die welsyn van die breër gemeenskap lewer. Hierdie verwagtinge ten opsigte vanmaatskaplike werkers is ook deur skrywers soos onder andere Bloom en Fischer (1982:476) enRoyse (1991:5) uitgewys. Loewenberg en Dolgoff (1992:223) sê in die verband: “Socialworkers are accountable to the people they serve, to their profession and to society.” Reeds in1993 noem Nelson (1994:65) die volgende in die verband: “In the past few years, socialworkers have been invited,…to evaluate their practice outcomes more objectively for greateraccountability to clients and agencies.” In die lig van die globaliseringsproses, die hoër eisewat die mens aan sy omgewing en diensleweringstrukture stel, die strewe na meer bruikbarekennis, asook die hoër opleidingstandaarde wat aan maatskaplike werkers gestel word om altydeties op te tree, word daar by die aanvang van die nuwe millennium verwag dat maatskaplikewerkers op ’n etiese en vaardige wyse praktyk-evaluering kan onderneem.Ten spyte daarvandat evaluering ’n integrale deel van die maatskaplike werker se professionele vaardighede vorm(Bloom & Fischer, 1982:476), bevraagteken skrywers soos Fischer (1993:19) en Nelson(1994:140) die wetenskaplikheid van die wyses waarop maatskaplike werkers hulledienslewering evalueer. Maatskaplike werkers evalueer dikwels die effektiwiteit van hulledienslewering aan die hand van die positiewe of negatiewe menings wat die kliënt(e) metbetrekking tot die bereiking van die beplande hulpverleningsdoelwitte uitspreek (Nelson,1994:141), of hulle steun op hulle eie subjektiewe waarneming of vooroordele (Grinnell,1997:9).
Databáze: Directory of Open Access Journals