Dietary composition of birds species at an inland airport in South Africa
Autor: | A. C. Kok, O. B. Kok |
---|---|
Rok vydání: | 2002 |
Předmět: | |
Zdroj: | Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. 21:16-18 |
ISSN: | 2222-4173 0254-3486 1985-1995 |
Popis: | Maaginhoude van 51 voelsoorte wat potensiele gevaar vir lugvaart ingehou het, is oor ’n tydperk van elf jaar (1985-1995) op die Bloemfontein-lughawe versamel. Getalsgewys het die kroonkiewiet ( Vanellus coronatus ), tesame met die kleinrooivalk ( Falco naumanni ), bontkiewiet ( V. armatus ), witvlerkkorhaan ( Eupodotis afraoides ), dubbelbanddrawwertjie ( Smutsornis africanus ), dikkop ( Burhinus capensis ), veereier ( Bubulcus ibis ), bosveldfisant ( Francolinus swainsonii ) en Kalaharipatrys ( F. levaillantoides ) in volgorde van belangrikheid, 91,0% van die totale monster (3 544) uitgemaak. Oor die algemeen kan insekte as die hoofvoedselbron van die betrokke voels beskou word. Gebaseer op droemassa-samestelling vorm die Isoptera, gevolg deur die Coleoptera en Orthoptera, die belangrikste komponente in die dieet. Die Isoptera, meer spesifiek grootgrasdraertermiete ( Hodotermes mossambicus ), is ook die enigste van die belangrike prooitaksa wat ’n opvallende benuttingspiek gedurende die relatiewe voedselskaarste van die droe seisoen openbaar. Klaarblyklik word tydelik oorvloedige voedselbronne wat periodiek in grasveldhabitats tot stand kom op ’n opportunistiese wyse deur die voels benut. |
Databáze: | OpenAIRE |
Externí odkaz: |