Die tand van die tyd: Opstelle opgedra aan Jac Conradie (Willie Burger en Marné Pienaar, reds.)
Autor: | Nerina Bosman |
---|---|
Rok vydání: | 2017 |
Předmět: | |
Zdroj: | Tydskrif vir Letterkunde. 47:186 |
ISSN: | 2309-9070 0041-476X |
DOI: | 10.17159/tl.v47i2.3097 |
Popis: | Hierdie bundel opstelle is die jongste toevoeging tot 'n reeks huldigingsbundels in Afrikaans - 'n tradisie wat ons in die Afrikaanse Taaldepartemente in Suid-Afrika goed ken. Hierdie festschrift neem onder andere sy plek in naas bundels opgedra aan A. P. Grove, Edith Raidt, Louis Eksteen, Elize Botha, Christo van Rensburg en Vic Webb. Dat kollegas en vakgenote van die betrokke akademikus dit die moeite werd vind om deel te neem aan so 'n projek, is altyd 'n teken van toegeneentheid en respek. Die belangstellings en vakwetenskaplike doenigwees van die persoon aan wie so 'n bundel opgedra word, weerklink dikwels in die opgenome opstelle. Trou aan Jac Conradie se aard, is daar dan ook in hierdie bundel opstelle van 'n wyduiteenlopende aard, deur die redakteurs in vier afdelings gerangskik. Die indeling is 'n refleksie van Jac Conradie, filoloog en historiese taalkundige, se belangstelling in die linguistiek en die letterkunde en gee ook erkenning aan sy werk as navorser, dosent en vertaler. |
Databáze: | OpenAIRE |
Externí odkaz: |